Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING
"Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING [boodskap #59526] Do, 04 April 2002 23:32 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

LAATMIDDAG IN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

En teen die einde
kom ons tot ruste
in 'n huis van klip
in die wye Klein Karoo.

In die laat somer wat soos 'n klok
oor die bruin vlaktes beier,
borrel ons woorde soos water
in die skemer op die stoep.

Later sny ons 'n waatlemoen oop.
Met redelikheid
Word die slag van die vrug
beplan en uitgevoer:

Om die fel son
wat in die rooi hart
tot soetste suiker gekom het
die beste oop te lê op die tafel tussen ons.

In die koel skemer van die aand
sit ons tevrede en eet op die stoep.
Die gesels droog op toe die koel windjie
van die see oorkant die berg ons begin lawe.
Re: "Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING [boodskap #59527 is 'n antwoord op boodskap #59526] Vr, 05 April 2002 00:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 04 Apr 2002 23:32:55 GMT, "@rogers.com" wrote:

> LAATMIDDAG IN DIE KLEIN KAROO
> Ferdi Greyling

Aaargh - Hoe lank gaan jy ons nog kasty met hierdie Greyling gedigte?
Dis 'n vreeslikheid...:-(
Re: "Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING [boodskap #59529 is 'n antwoord op boodskap #59527] Vr, 05 April 2002 00:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Aaargh - Hoe lank gaan jy ons nog kasty met hierdie Greyling gedigte?
> Dis 'n vreeslikheid...:-(

Ag dierbaarheid tog. Is jy nog steeds
getraumatiseer net omdat hy nie vir jou
sy telefoon-nommer wou gee nie?

Tant Hessie die kruis-dresser
Re: "Laatmiddag in die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING [boodskap #59532 is 'n antwoord op boodskap #59529] Vr, 05 April 2002 01:33 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 05 Apr 2002 00:48:45 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ag dierbaarheid tog. Is jy nog steeds
> getraumatiseer net omdat hy nie vir jou
> sy telefoon-nommer wou gee nie?

Ja, dit was alles baie traumaties vir my. :-(

> Tant Hessie die kruis-dresser

Jaaaa...spot maar, hoor. Spot maar...
Vorige onderwerp: "Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: " Vier gedigte uit die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 06:39:45 MGT 2024